
Boeke
Jaybee het 'n klompie boeke die lig laat sien - soms onder skuilname.

Verskroeide vlerke
Susara se ouma het haar geleer: passie begin en eindig by die mond. En dat elke vrou - al is sy onaansienlik - 'n eie talent het. Pas toe Susara met haar bakore en wawielheupe begin aanvaar haar enigste aanleg is om allerheerlike lekker kos te kook en bak, ontmoet sy die wondermooie Phillip Brynard. dis hy wat 'n vurige vlam in haar eensame hart aansteek, en haar help om haar ware talent te ontdek.
Paperback, 240 pages
Published 1999 by Tafelberg
Altyd somer
Soos op agterblad: "Karin Zimmerman skryf in vir 'n talentkompetisie en raak gou bekend as Suid-Afrika se nuwe sangsensasie. Met haar onbeteuelbare energie en sonnige persoonlikheid is sy 'n treffer op die verhoog. Maar min mense weet van haar ander kant: die donker wat soms dreig om haar te verswelg.
Ruaan le Roux, eks-veiligheidswag, aanvaar 'n pos as Karin se lyfwag. Om 'n voorbarige, baasspelerige jong ster tydens haar landwye toer teen hordes aanhangers te beskerm, is nie sy idee van pret nie, maar werk is werk. Dat hy Karin Zimmerman eintlik teen haarself moet beskerm, kon hy nie voorsien nie. Hy is egter net so hardkoppig en eiesinnig soos sy, en daarby laat hy hom nie maklik onderkry nie..."
Paperback, 224 pages
Published by NB-Uitgewers

Die Diep Verlange

Jenny Hamilton was reeds as kind fyn en delikaat wat maak dat mans haar alewig wil beskerm. Maar Jenny het lankal geleer om na haarself te kyk en dis iets wat sy Dawid Rheeder dadelik goed laat verstaan: sy laat haar nie intimideer nie. Tog het sy en Dawid mekaar nodig - hy is op soek na 'n betroubare dagmoeder vir sy vierjarige seuntjie en sy is al lank die slagoffer van 'n byna vernietigende drang om 'n eie kind te he.
Paperback, 224 pages